Wat ons doen
Kom ons gesels oor `n X3de kamp
Wat behels `n kamp

Lesings
X3DE berreik jong mense en kinders met lesings wat hulle uitdaag en openbaring gee oor die goeie nuus van Jesus Christus. Elke dag bied ons 3 lesings aan van 30-40 min elk.

Sport en/of Pret
Daar is niks wat gees en vriendskappe bou soos n lekker sportsessie nie! Ons balanseer ons sport sessies sodat elke kind se belangstelling geraak word. Elke dag is daar `n lekker sport of pret sessie.

Praise & Worship
Voor elke lesing aanbid ons saam gedurende ons Praise & Worship sessies in die saal. Dis dikwels hier waar jongmense die stap vat om werklik hul harte oop te maak vir Jesus en die boodskap wat volg.

Etes
Deel van lekker kamp is lekker eet en die kombuisspan sorg altyd dat ons magies lekker vol is! Indien jy `n spesiale diëet volg, vra ons dat ouers asb. voorsorg maak en die nodige etes saam met u kind stuur.

Groepies
Kampers word ingedeel in groepies van 8-10 lede saam met ‘n X3DE fasiliteerder. Hulle is deel van hierdie groepie vir die hele kamp. In hierdie kleingroepies word saam gesels oor die lesings (wat jy daaruit verstaan en/of ontvang het) en saam deelgeneem aan die sport- en pretsessies.

Vriende
By X3DE word daar altyd nuwe vriendskappe gevorm. Dis onmoontlik om nie maats te maak wanneer daar saam persoonlik en geestelik gegroei word nie.