Wat ons doen
Skool Jeugweke
Wat behels `n kamp
Lesings
X3DE berreik jong mense en kinders met lesings wat hulle uitdaag en openbaring gee oor die goeie nuus van Jesus Christus. Elke dag bied ons 3 lesings aan van 30-40 min elk.
Sport en/of Pret
Daar is niks wat gees en vriendskappe bou soos n lekker sportsessie nie! Ons balanseer ons sport sessies sodat elke kind se belangstelling geraak word. Elke dag is daar `n lekker sport of pret sessie.
Praise & Worship
Voor elke lesing aanbid ons saam gedurende ons Praise & Worship sessies in die saal. Dis dikwels hier waar jongmense die stap vat om werklik hul harte oop te maak vir Jesus en die boodskap wat volg.
Etes
Deel van lekker kamp is lekker eet en Nomsa se kombuisspan sorg altyd dat ons magies lekker vol is! Indien jy `n spesiale dieet volg vra ons dat ouers asb. voorsorg maak en die nodige etes saam met u kind stuur.
Groepies
Kampers word ingedeel in groepies van 8-10 lede saam met ‘n X3de fasiliteerder. Hulle is deel van hierdie groepie vir die hele kamp. In hierdie kleingroepies word saam gesels oor die lesings (wat jy daaruit verstaan en/of ontvang het) en saam deelgeneem aan die sport- en pretsessies.
Vriende
By X3de word daar altyd nuwe vriendskappe gevorm. Dis onmoontlik om nie maats te maak wanneer daar saam persoonlik en geestelik gegroei word nie.
Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit. Ut elit tellus, luctus nec ullamcorper mattis, pulvinar dapibus leo.
Wie is ons?
X3de is `n Nie-Winsgewende Organisasie
Eksderde Jeug- en Kinderkampe is gratis kampe vir tieners en kinders met die mikpunt om die evangelie op ‘n relevante manier aan hulle bekend te stel. Sedert 2006, bied ons tydens skoolvakansies jeug- en kinderkampe aan. Sedert 2010 is die kampe gratis! Daar is maandeliks ook gratis manne- en vrouekampe. Ons wil die hele gesin bedien en sodoende die hele land positief beinvloed.
Daar word kampe in Pretoria en Mosselbaai gehou tydens skoolvakansies.
Eksderde staan vir God is eerste, ander mense tweede en ‘ek is derde’. Die hart is om God se liefde tasbaar uit te leef op die kampe – en sodoende kampers te inspireer om God se liefde tasbaar uit te leef in hulle alledaagse omgewings.”
Die Span
X3de bestaan uit `n dinamiese span
Ons werk saam en komplimenteer mekaar. Elkeen bring sy/haar unieke gawes, talente en vaardighede na die kampe om daarvan ‘n sukses te maak. Daar is verskeie spanne. ‘n Fasiliteergroep werk direk met die kampers in kleingroepies en in een-tot-een gesprekke.’n Terreinleierspan sorg dat die kamp georganiseerd glad verloop met die opstel van die saal en sportaktiwiteite, deur te help dat kampers op die regte plek kom en die toepassing van die kampreëls.
Die Legacy Team is opkomende leiers wat opgelei word vir groter verantwoordelikhede.
Die Core Team is direk betrokke met die organisering en bestuur van die kampe.
01.
— Ons Missie
Ons Missie is om jongmense aan die Verlosser Jesus Christus voor te stel, te lei tot bekering en om verder `n impak in hul lewens te maak wat lei tot proaktiewe en positiewe besluite oor hulle toekoms
02.
— Ons Visie
Ons wil X3de Jeug- en Kinderkampe uitbrei na meer en groter kampe deur die gemeenskap bewus te maak van die geleentheid wat die kampe jongmense bied en hulle aan te moedig om betrokke te raak.